On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-student se moordenaar kry lewenslange tronkstraf

───   06:32 Wed, 03 Jul 2024

Noordwes-student se moordenaar kry lewenslange tronkstraf | News Article
Karabo Maluleke. Foto: X/Tinguva Mseveni

“In ’n poging om die dorp te verlaat, het hy sy foon by ’n taxistaanplek vir geld verruil voordat hy na sy huis in Giyani gevlug het, waar hy uiteindelik aangekeer is.”

Die hooggeregshof in Gauteng het ’n man (41) tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ’n Noordwes-student.

Phindi Mjonondwane, Gautengse NVG-woordvoerder, sê Tinyiko Baloyi is van moord en ontvoering aangekla vir sy aandeel in die ontvoering en verbranding van Karabo Maluleke (21) in Mei verlede jaar.

Baloyi het Maluleke van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ontvoer nadat hy vermoed het dat sy in ’n verhouding was. Hy het haar by ’n gastehuis in Roodepoort gevange gehou.

Dae later is sy as vermis aangemeld.

Baloyi het Maluleke na ’n veld in Doornkop geneem waar hy haar hande en voete vasgebind, petrol oor haar gegooi en haar aan die brand gesteek het. Haar verkoolde lyk is vyf dae later ontdek.

Ao. Rabed Zwana, wat die beskuldigde se bewegings ondersoek het, het ontdek hy het ’n motor gehuur om Maluleke van Potchefstroom na die gastehuis te neem. Nadat hy haar vermoor het, het hy die voertuig aan die verhuringsmaatskappy terugbesorg.

“In ’n poging om die dorp te verlaat, het hy sy foon by ’n taxistaanplek vir geld verruil voordat hy na sy huis in Giyani gevlug het, waar hy uiteindelik aangekeer is,” sê Mjonondwane.

Karabo Maluleke. Foto: X

In die hof het Baloyi sy slagoffer se naasbestaandes verskoning gevra. In ’n impakverklaring wat deur die ma van die slagoffer gemaak is, het Khensane Maluleke die angswekkende omstandighede rondom haar dogter se wrede moord beskryf.

Sy het getuig dat die tragiese verlies ’n diepgaande impak op hul hele gesin gehad het en bygevoeg dat sy gretig verwag het haar dogter se akademiese sukses hul gesin se omstandighede sou verander en hul lewens sou verbeter.

Baloyi is Maandag tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens die moord op Maluleke en ’n ekstra tien jaar vir haar ontvoering.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.