On Now
Weekends 19:00 - 20:00
Nuut in Afrikaans Nadine
NEXT: 20:00 - 22:00 Sunday Night with Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Probleme met motorlisensies benadeel Vrystaatse padgebruikers

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 09:58 Fri, 28 Jun 2024

Probleme met motorlisensies benadeel Vrystaatse padgebruikers | News Article
Foto:Pixabay

“Hierdie wanbestuur het ’n direkte impak op die veiligheid en lewenskwaliteit van ons inwoners, wat onaanvaarbaar is.”

Motoriste ly weens ’n tekort aan die nodige vorms vir registrasie en herregistrasie van voertuie in die Vrystaat.

Die VF Plus is bewus van die problem, sê Armand Cloete, VF Plus-wetgewerlid. “Dis onduidelik hoe lank die tekort aan die dokumente gaan duur, maar motoriste word aangeraai om die Natis-webtuiste te gebruik om hul voertuiglisensieaansoek te doen.”

‘Die tekort is die gevolg van ’n dispuut oor drukwerk’

Cloete sê ná ’n gesprek met die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer kon die VF Plus vasstel dat die tekort die gevolg is van ’n dispuut oor drukwerk van vorms tussen die provinsiale en nasionale department en dat net die staatsdrukkers die lisensievorms druk. Afskrifte word glo nie aanvaar nie.

Die lisensieprobleem is ’n gevolg van die departement se onbevoegdheid, sê Jafta Mokoena, DA-woordvoerder oor paaie en vervoer in die Vrystaat. “Ons is bekommerd oor die voortdurende mislukkings van die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer se administrasie, veral rakende voertuigregistrasies en bestuurskwessies.”

Mokoena sê dit is noodsaaklik dat die verkose premier, wat twee weke gelede nog LUR vir hierdie departement was, vinnig optree om te verseker dat die nuutverkose LUR verantwoordelik vir Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, sy verantwoordelikhede nakom en sy departement doeltreffend bestuur.”

‘Onregverdig dat padgebruikers benadeel word’

Volgens Mokoena is dit onregverdig dat padgebruikers deur die ANC se administratiewe tekortkominge benadeel word. “Benewens hierdie bedryfsmislukkings verloor die departement belangrike inkomste wat noodsaaklik is vir die instandhouding en herstel van die provinsie se padinfrastruktuur.

“Hierdie wanbestuur het ’n direkte impak op die veiligheid en lewenskwaliteit van ons inwoners, wat onaanvaarbaar is.” Mokoena sê die DA bly onwrikbaar in hul verbintenis om die uitvoerende gesag verantwoordbaar te hou en die behoeftes van Vrystaatse inwoners bo alles te prioritiseer.

Slegs aansoeke vir voertuiglisensies kan hier gedoen word. 

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.