On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Man gevonnis ná hy vrou (22) in begraafplaas verkrag

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 06:00 Thu, 27 Jun 2024

Man gevonnis ná hy vrou (22) in begraafplaas verkrag | News Article
Die beskuldigde het na ’n begraafplaas gery en haar verkrag. Foto: Unsplash/Anton Darius

“Die slagoffer is na bewering deur die beskuldigde genader wat gevra het om buite met haar te praat.”

’n Man van Vrede is tronkstraf opgelê nadat hy ’n vrou in ’n begraafplaas verkrag het.

Die Vrede-streekhof, saam met Vrede se eenheids vir gesins- en kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het Desember Mdakane (30) van Zamani naby Memel Woensdag (26/6) tot agt jaar direkte gevangenisstraf gevonnis, sê ao. Mmako Mophiring.

“Die slagoffer (22) was glo op 28 Oktober 2023 in ’n taverne toe sy deur die aand gaan bier koop het. Sy is na bewering deur die beskuldigde genader wat gevra het om buite met haar te praat.”

Volgens Mophiring het die slagoffer in die beskuldigde se motor geklim om te praat, maar hy het weggery. Die beskuldigde het toe na ’n begraafplaas gery, stilgehou en haar verkrag.

Nadat hy haar verkrag het, het hy teruggery en haar naby die taverne afgelaai. Die polisie is onmiddellik van die voorval in kennis gestel en ’n saak van verkragting is geopen.

Intussen is ’n man van Danielskuil lewenslank tronk toe gestuur nadat hy sy twee minderjarige stiefkinders verkrag het. Die beskuldigde is Maandag (10/6) op Postmasburg gevonnis ná die misdaad in 2018.

‘Die kinders se ma was te bang vir die beskuldigde om op te tree’

Volgens Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, het die slagoffers, wat ten tye van die voorval ses en sewe jaar oud was, by hul tante gekuier toe hulle haar vertel het dat die stiefpa hulle opdrag gegee het om by hom in die bed te slaap waarna hy hulle verkrag.

“Die kinders se ma het vermoed dat hulle verkrag is, maar was te bang vir die beskuldigde om op te tree. ’n Saak is op 19 Oktober 2018 by die polisie op Daniëlskuil aangemeld en die beskuldigde is enkele dae later op Groblershoop in hegtenis geneem,” sê Masegela.

Die beskuldigde is skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting. Hy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy naam is in die nasionale register vir seksoortreders aangeteken.

OFM Nuus/Charne van der Merwe cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.