On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners ‘moet waaksaam bly, rooftogte vermy’, waarsku Noord-Kaapse polisie

───   HEIDRÈ MALGAS 09:24 Sat, 29 Jun 2024

Inwoners ‘moet waaksaam bly, rooftogte vermy’, waarsku Noord-Kaapse polisie | News Article
Weerstand tydens ’n rooftog moet vermy word om liggaamlike skade te vermy. Foto: iStock

“Saam kan ons veiliger, misdaadvrye gemeenskappe vir almal bou.”

Die polisie in die Noord-Kaap doen ’n beroep op inwoners, veral sakelui, om waaksaam en bedag te bly. Die polisie erken die impak wat misdaad op individue en ondernemings het en is toegewy aan samewerking met die gemeenskap om dit te voorkom.

Die polisie vra die publiek om hierdie veiligheidswenke te volg om hulself en hul eiendom te beskerm. 

Hou die minimum kontant op die perseel; bank gereeld. Foto: hornet.com

Sakeroof:

  • Wees ekstra waaksaam rondom sluitingstyd; moet nooit alleen toesluit nie.
  • Installeer bykomende veiligheidshekke en huur sekuriteitswagte.
  • Stel sekuriteitskameras en alarmstelsels op.
  • Verseker alle deure en vensters is goed gesluit.
  • Hou die minimum kontant op die perseel; bank gereeld.
  • Lei personeel op oor die hantering van rooftogte en noodgevalle.
  • Teken reeksnommers van waardevolle items aan.
  • Klein ondernemings of winkels moet hou by bedryfstye en nie laat oopbly nie.
  • Eienaars moenie in winkels slaap nie om die risiko van rooftogte te verminder.

Sluit altyd deure en vensters wanneer jy vertrek. Foto: lockinsurance.com  

Huisroof:

  • Kry ’n waghond.
  • Installeer veiligheidshekke en diefwering.
  • Sluit altyd deure en vensters wanneer jy vertrek.
  • Oorweeg die installering van ’n alarmstelsel en CCTV-kameras.
  • Moenie die deur vir vreemdelinge oopmaak nie.
  • Bly bewus van jou omgewing wanneer jy inkom of vertrek.
  • Meld verdagte persone aan by die polisie.
  • Moenie spaarsleutels in voor-die-hand-liggende plekke soos posbusse laat nie. 

Algemene Roof:

  • Probeer om snags nie alleen in swak verligte areas te loop nie.
  • Hou waardevolle items uit sig in die openbaar.
  • Wees bewus van jou omgewing; rapporteer verdagte gedrag.
  • Moenie groot bedrae kontant of waardevolle items dra nie.
  • Steek selfone en elektronika weg wanneer jy stap.
  • Weerstand tydens ’n rooftog moet vermy word om liggaamlike skade te vermy. 

OTM-roof:

  • Moenie met vreemdelinge praat terwyl jy by ’n kitsbank is nie.
  • Gebruik goed verligte kitsbanke in sigbare areas.
  • Moet nooit jou PIN deel nie.
  • Bedek jou PIN tydens transaksies.
  • Vermy dit om groot bedrae kontant te onttrek; gebruik kaarte vir aankope.
  • Bly bewus van jou omgewing.
  • Onttrek geld by supermarkkassiere indien moontlik.
  • Wees versigtig vir kaartswendelaars.
  • Ignoreer misleiers wat belowe om jou geld te vermeerder.
  • Vermy OTM’s waar daar gepeuter is.

 

Die polisie stel jou veiligheid voorop. Deur hierdie veiligheidswenke toe te pas, kan jy jou risiko om ’n slagoffer te word, verminder.

Voorkoming is van kardinale belang. As jy ’n rooftog waarneem of ervaar, kontak die polisie dadelik. “Saam kan ons veiliger, misdaadvrye gemeenskappe vir almal bou.”

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.