On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Paballelo-polisie vra publiek om te help soek na persoon van belang

───   HEIDRÈ MALGAS 14:36 Wed, 26 Jun 2024

Paballelo-polisie vra publiek om te help soek na persoon van belang | News Article
Letsekang Zwelifile (42). Foto verskaf

“Letsekang Zwelifile (42) het na bewering belangrike inligting oor die saak."

Die polisie in Paballelo op Upington vra die publiek moet help om ’n persoon van belang op te spoor in verband met ’n voortslepende moordondersoek.

“Letsekang Zwelifile (42) het na bewering belangrike inligting oor die saak,” sê Sergio Kock, polisiewoordvoerder.

Dit volg ná die dood van Botlabosele Elizabeth Mafeto (31) wat op Saterdag (8/6) in haar huis met veelvuldige steekwonde gevind is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. 

Enigeen met inligting oor waar Zwelifile hom bevind kan Andy Mona, ondersoekbeampte, by 082 469 5824 bel of Stop Misdaad by 08600 10111 bel. Alle inligting sal as vertroulik beskou word. 

In April vanjaar is ’n man van Upington doodgesteek nadat hy ’n vermeende inbreker help aankeer het. ’n Veiligheidsmaatskappy het ’n verdagte (32) in die Rosedale-woongebied agternagesit. Tydens die agtervolging het ’n inwoner gehelp en die vermeende inbreker aangekeer.

Ná die inhegtenisneming het die verdagte die individu wat gehelp het, in die nek gesteek. Paramedici het Beukes op die toneel dood verklaar. Dit is nie die eerste keer wat iemand in die omgewing met ’n mes doodgesteek word nie.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.