On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Diereskuiling op Stilfontein kort dringend dierekos

───   HEIDRÈ MALGAS 12:30 Wed, 26 Jun 2024

Diereskuiling op Stilfontein kort dringend dierekos | News Article
Die sak is al kos wat die skuiling het vir die honde. Foto verskaf

“Op die oomblik is daar geen hondekos by die skuiling vir die diere nie omdat ons nie kan bekostig om kos te koop nie.”

Die Stilfontein-diereskuiling kort dringend hulp om meer as 200 honger, siek en verwaarloosde diere te voed. 

“Op die oomblik is daar geen hondekos by die skuiling vir die diere nie omdat ons dit nie kan beskostig on kos te koop nie,” sê Suzette Kotzé, mede-eienaar en inspekteur van die skuiling. Ons het onlangs ’n hond gered wat op die N12 in ’n gevaarlike toestand gevind is. 

“Die hond het verskeie wonde gehad, insluitend diepgepenetreerde ystervarkpenne wat chirurgiese ingryping vereis het. Die Deens hond, Freya, wat ons gekry het, het soos ’n geraamte gelyk met velle wat om haar bene gehang het. Dit was iets verskrikliks – ek kan nie woorde vind om te beskryf hoe erg haar toestand was nie. Sy is nou op ’n spesiale dieet en ontvang medikasie om haar organe te beskerm terwyl sy voedsame kos ontvang.”

‘Probleem is diere wat saam met hoenders gevoer word’

“Nog ’n probleem is diere wat saam met hoenders gevoer word omdat hulle eienaars nie vir hulle aparte kos voorsien nie. Honde wat aan kettings vasgemaak word sonder kos, water of skuiling is ’n groot probleem in ons omgewing. Dié diere kry nie die basiese benodigdhede soos komberse nie en ons moet dikwels ingryp.”

Die skuiling benodig tef elke maand om die diere te voer. Foto verskaf

Sy sê die skuiling se maandelikse dieselrekening beloop R9 000, hul kosrekening R27 000 en dan is daar nog die koste vir komberse en ander uitgawes. “Ons veeartsrekening wissel tussen R9 000 en R15 000 per maand. Dit is geld wat ons desperaat nodig het en ons versoek die publiek vir donasies.”  

Mense kan goed wat hulle nie gebruik nie skenk. Foto verskaf 

“Ons bestuur ook ’n tweedehandse winkel waar mense hul witolifant-items kan skenk. Die opbrengs hiervan gebruik ons vir sterilisasies en om kos aan arm gesinne te voorsien. Dit is belangrik om te besef dat die gebrek aan finansies nie ooreenstem met ’n gebrek aan liefde vir hul diere nie.

“Ons wil ’n beroep doen op die publiek om asseblief nie hul honde aan kettings vas te maak nie.” Sy sê as daar enige probleme is, bel die skuiling. “En indien jy kontantdonasies kan maak, of selfs ’n sak hondekos kan aflaai, sal ons dit baie waardeer,” pleit Kotzé.

Die Matlosana-Stilfontein-diereskuiling hoop om die nodige geld en hulpbronne te bekom om die diere wat hulle hanteer te kan versorg. Enigeen kan help deur boumateriaal, uniforms vir personeel of komberse te skenk of direk geld by hul veearts in te betaal. Besoek hul Facebook-blad of hul webtuiste vir nog inligting.

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.