On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Thabo Bester: Verhoor van Facebook-verkragter, medepligtiges hervat

───   HEIDRÈ MALGAS 12:41 Tue, 04 Jun 2024

Thabo Bester: Verhoor van Facebook-verkragter, medepligtiges hervat  | News Article
Nandipha Magudumana en Thabo Bester het met hulle vorige verskyning skaars in die hof gegroet. Sommige mense meen haar verdedigingspan het haar aangesê om haar gedrag in die hof te verander, want dit strook dalk nie met die verdedigingstrategie nie. Foto: Heidré Malgas

In die vorige hofverskyning het die toe nuut-aangestelde adv. Mohammed Seedat vir Bester kommer uitgespreek oor die beweerde slegte behandeling van sy kliënt, Thabo Bester.

Die voorlopige verhoor in die veroordeelde Facebook-verkragter en moordenaar se ontsnappingsaak hervat Woensdag (5/6) in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Nuwe regsverteenwoordigers is aangestel vir beskuldigdes 7, 8 en 9 ná die onttrekking van drie verdedigingsadvokate. Dié drie is Thabo Bester, Nandipha Magudumana en Zando Moyo.

Die sewe medebeskuldigdes, Senohe Matsoara, Zolile Sekeleni (Magudumana se pa), Teboho James Lipholo, Motanyane John Masukela, Teiho Frans Makhotsa en Thabang Joel Makhetha, is uit op borg, maar sal voorkom saam met die beskuldigdes wat nog in aanhouding is.

In die vorige hofverskyning het die toe nuut-aangestelde adv. Mohammed Seedat vir Bester kommer uitgespreek oor die beweerde slegte behandeling van sy kliënt.

OFM Nuus het voorheen berig die staatsadvokaat, adv. Amanda Bester, het tydens hofverrigtinge gesê Bester het die oggend van 21 Februarie sy ontbyt van die hand gewys. Seedat het aangevoer dat sy kliënt ’n diabeet is en dat sy gesondheidstoestand nie in ag geneem is met die ontbyt wat aan hom voorsien is nie.


Hy het bygevoeg dat sy kliënt ook nie toegelaat is om sy regsverteenwoordigers te bel nie en toegang tot sy klere geweier is wanneer hy hofverrigtinge bygewoon het. Adv. Bester het gesê Seedat en sy kliënt het vir die eerste keer die oggend van die voorverhoor op 21 Februarie 2024 ontmoet.

Seedat het aan die voorsittende beampte gesê sy kliënt word geteiken. Hy het gesê die persoon wat sy kliënt bedien het, was onseker of die kos van die polisie of Korrektiewe Dienste afkomstig was.

Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle die veroordeelde Bester gehelp het om te ontsnap uit wettige aanhouding in die Broadway-blok se selle by die Mangaung- Korrektiewe Sentrum onder die bewaking van G4S.

Hulle word deur verskeie aanklagte in die gesig gestaar, waaronder hulpverlening en bystand tot die ontsnapping van ’n gevangene, belemmering van die gereg, brandstigting en die skending van ’n lyk.

Vroeër in 2023 is berig dat Bester en sy medepligtige, dr. Nandipha Magudumana, op Vrydag 7 April in Tanzanië in hegtenis geneem is.

Hy dien nou steeds sy bestaande lewenslange vonnis van 75 jaar uit vir moord en verkragting.

OFM Nuus/Heidré Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.