On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

#OFMElectionWatch: ‘Uitslag steeds ’n oorwinning vir demokrasie’

───   08:59 Mon, 03 Jun 2024

#OFMElectionWatch: ‘Uitslag steeds ’n oorwinning vir demokrasie’ | News Article
Foto: OVK

“Hierdie oomblik in ons land vra vir verantwoordelike leierskap en konstruktiewe betrokkenheid.”

Die OVK het die algemene verkiesing vry en regverdig verklaar, en bygevoeg dat dit “soos geen ander voorheen” was nie.

Die finale verkiesingsuitslag is Sondagaand (2/6) in die nasionale uitslagsentrum in Midrand bekend gemaak waar pres. Cyril Ramaphosa die lys van verkose amptenare ontvang het wat sitplek in die Nasionale Vergadering en Provinsiale Wetgewers sal inneem.

Die polisie berei hulle volgens News24 voor op moontlike onrus in KwaZulu-Natal, uit vrees dat onluste soortgelyk aan dié van Julie 2021 kan opvlam ná die aankondiging van die uitslag van die verkiesing.

Oudpres. Jacob Zuma, MK se partyleier, het die OVK die naweek gewaarsku om nie die verkiesingsuitslag aan te kondig nie en gesê daar sal “moeilikheid” wees as hulle dit doen.

Die MK-party wil hê beweerde teenstrydighede moet voor die vaslegging van die verkiesingsuitslag ondersoek word. Zuma het die OVK versoek om politieke partye kans te gee om hul sake te stel en inligting voor te hou.

Die kommissie het egter steeds die verkiesing vry en regverdig verklaar, en bygevoeg dat dit “soos geen ander voorheen” was nie.

In sy weeklikse nuusbrief wat Maandag gepubliseer is, doen Ramaphosa ’n beroep op politieke partye om voort te gaan met die definisie van die missie van die nasie.

“Met ons wat nou ’n nuwe fase in ons demokratiese reis betree het, sal politieke partye ernstig moet poog om ’n gemeenskaplike basis te vind terwyl ons werk om ons land te herbou.

“Hoewel elke politieke party ’n mandaat dra, gebaseer op die verbintenisse wat hulle aan die kiesers gemaak het, deel alle partye ’n oorkoepelende mandaat om ’n land te bou wat inklusief, verenig en voorspoedig is.

“Hierdie oomblik in ons land vra vir verantwoordelike leierskap en konstruktiewe betrokkenheid.”

Die resident voeg by daar kan geen plek vir dreigemente van geweld of onstabiliteit in die land wees nie. “Suid-Afrikaners moet vasstaan teen enige pogings om die grondwetlike orde te ondermyn wat ons so hard gewerk het om te bou, en waarvoor so baie gesukkel en opgeoffer het.

“Watter uitdagings ons ook al in die gesig staar terwyl politieke gebeure ontvou, dit moet in ’n gees van samewerking en in ooreenstemming met die voorskrifte van ons Grondwet en die oppergesag van die reg hanteer word.

“Ondanks die reuse-logistieke onderneming, en ten spyte van ’n aantal uitdagings wat ervaar is, het die OVK homself weereens met uitnemendheid, professionaliteit en integriteit van sy taak gekwyt.”

Ramaphosa het erken die ANC het vir die eerste keer sedert apartheid beëindig is 30 jaar gelede sy volstrekte meerderheid verloor. Hy het steeds die uitslag as ’n oorwinning vir die demokrasie beskryf en ’n beroep op partye gedoen om ’n gemeenskaplike basis te vind.

Die ANC (40,1%) het 71 setels in die Nasionale Vergadering verloor, die DA (21,8%) het drie bygekry en die MKP (14,5%) het 58 setels behaal.

Ramaphosa het gesê dit is nou tyd om Suid-Afrika eerste te stel, aangesien partye moet werk om ’n regering te vestig nadat geen party ’n duidelike meerderheid gekry het nie.

Die ANC, wat steeds as die grootste party na vore getree het, het steun verloor en vir die eerste keer in 30 jaar nie ’n volstrekte meerderheid behaal nie. Die DA het 21,8% gekry. Die nuut gestigte MK-party ondfer Zuma se leiding het met sy 14,5% vir ’n groot verrassings gesorg deur die EFF om die derde plek te klop.


Vrystaat

In die Vrystaat het die ANC 52,56% van die stemme gekry, terwyl die DA meer as 175 000 stemme behaal het, wat 21,52% verteenwoordig. Die EFF is derde met 13,95% van die stemme, en die VF Plus staan op 3,1%.

Noord-Kaap

Die provinsie sien 'n soortgelyke uitkoms as die Vrystaat, met die ANC wat met 49,47% voorloop. Die DA is tweede met 20,94% en die EFF sit op 13,23%.

Die Patriotiese Alliansie (PA) is vierde met 'n goedkeuringskoers van 8,6%, en die VF Plus is vyfde met 1,94%.

Noordwes

Die ANC het beter gevaar in Noordwes as elders in Sentraal-SA. Die regerende party bly ook hier aan bewind met 58,28% van die stemme. Die EFF het daarin geslaag om sy posisie as die amptelike opposisie te behou met net meer as 17% van die stemme vir die Rooi Barette. Die DA is derde met 12,95% en die VF Plus vyfde met net minder as 3% van die provinsiale stemme.

Ramaphosa het in sy toespraak 'n duidelike beroep op partye gedoen om hul verskille opsy te skuif en te werk. “Wat hierdie verkiesing duidelik gemaak het, is dat die mense van Suid-Afrika van hul leiers verwag om saam te werk om in hul behoeftes te voorsien.

“Hulle verwag van die partye vir wie hulle gestem het om gemeenskaplike grond te vind, hul verskille te oorkom, om op te tree en saam te werk tot voordeel van almal.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.