On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Anny
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Studente in Kimberley slaap in biblioteek ná uitsetting

───   ZENANDE MPAME 12:30 Fri, 24 May 2024

Studente in Kimberley slaap in biblioteek ná uitsetting | News Article
Een van die studente slaap buite die biblioteek. Foto verskaf

“Die universiteit raak nie betrokke tussen ‘n verhuurder en ’n huurder nie.”

Studente van die Sol Plaatje-Universiteit (SPU) in Kimberley is uit hul woonplek gesit nadat hul huurgeld agterstallig geraak het. Van die studente by die universiteit se biblioteek geslaap nadat hulle Dinsdagaand (22/5) deur die huiseienaar uitgesit is.

Woensdagoggend het sommige studente probeer om buite die Moroko-saal op die hoofkampus en die Luka Jantjie-huis te kampeer met hul tasse, klere en komberse.

Studente in die biblioteek van die Sol Plaatje-Universiteit. Foto verskaf

“Die Thusa Moithuti-fonds wat saam met die studenteraand werk, het onderneem om vir die eerste drie maande van die akademiese jaar verblyf te verskaf aan 38 studente wat aan die kriteria vir ondersteuning voldoen het. Hulle sou verblyf kry by ’n buitekampuskoshuis in die stad,” sê Kashini Maistry, SPU-woordvoerder.

“Hierdie verpligting is nagekom. Enige bykomende studente wat in daardie buitekampuskoshuis geakkommodeer is, het nie om befondsing aansoek gedoen nie en is deur die verhuurder gehuisves.”

Gevra of die universiteit sal ingryp om die uitstaande betalings aan verhuurders moontlik te maak, sê Maistry: “Die universiteit raak nie betrokke tussen ‘n verhuurder en ’n huurder nie.”

’n Vergadering is Dinsdag (22/5) met die studenteraad en die eienaars belê om betaling te reël vir hierdie studente wat sonder betaling in die buitekampuskoshuis gebly het.

‘Verhuurders het drie maande vooruitbetaling versoek’

Verhuurders het drie maande vooruitbetaling van die SR versoek vir die studente wat hulle geakkommodeer het, sodra betaling gemaak is, sal hulle studente toelaat om vir die res van die jaar daar te bly. Versuim om voorafbetalings te maak, sal daartoe lei dat studente op dieselfde dag uitgesit word.

“Ná die vergadering toe ek na my koshuis gegaan het, was ek nie eens tien minute in die kamer nie toe die verhuurder ons begin uitjaag,” het een van die studente gesê.

“Aangesien ons nêrens heen gehad het om te gaan nie, het ons besluit om kampus toe te gaan, en toe ons daar aankom, het die SR met ’n oplossing vorendag gekom om 20 studente te akkommodeer omdat hulle net 20beskikbare beddens gehad het.”

Die studente het Dinsdagaand in die blioteek geslaap. Foto verskaf

“Ons het daardie aanbod van die hand gewys omdat ons byna 200 studente is wat nie blyplek gehad het nie, ons het uiteindelik op die grondvloer by die biblioteek geslaap.

Maistry sê die universiteit ken nie die befondsingstatus en die aantal studente wat uitgesit is nie. “Geskeduleerde semestertoetse is Woensdagoggend deur betogings ontwrig, maar die universiteit sal nie toelaat dat die halfjaareksamen hierdeur geraak word nie.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.