On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley: 4 munisipale werkers beseer toe substasie ontplof

───   KEKELETSO MOSEBETSI 13:47 Mon, 13 May 2024

Kimberley: 4 munisipale werkers beseer toe substasie ontplof  | News Article
Die substasie in Kimberley het vandag ontplof. Foto: Sol Plaatje-munisipaliteit

“Die beseerde werkers is vinnig na die hospitaal vervoer vir dringende mediese aandag”

Vier munisipale werkers van die Sol Plaatje-munisipaliteit is in die hospitaal opgeneem ná ’n ontploffing Maandagoggend (13/5) by ’n substasie in Kimberley.

“Die ontploffing het omstreeks 09:00 by die substasie in Herculesstraat gebeur toe die elektrisiëns aandag gegee het aan ’n kabelfout,” sê Thabo Mothibi, munisipale woordvoerder.

Vier munisipale werkers is beseer in ’n ontploffing by die substasie in Kimberley. Foto: Sol Plaatje-munisipaliteit 

Daar is vinnig opgetree om die beseerde werkers na die hospitaal te neem. Dit is nog nie bekend hoe ernstig hul beserings is nie. Inwoners kan kragonderbrekings verwag weens die ontploffing. 

Mothibi sê die Departement van Arbeid moet eers ’n deeglike assessering doen voordat die substasie veilig verklaar kan word en die herstelwerk kan begin. Hy sê dit is noodsaaklik dat lesse geleer word en maatreëls getref word om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom. 

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.