On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Senior gevangenisbeampte van Kimberley geskors weens beweerde verkragting

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:05 Tue, 29 Apr 2025

Senior gevangenisbeampte van Kimberley geskors weens beweerde verkragting | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

’n Senior amptenaar van korrektiewe dienste in Kimberley is geskors ná ernstige bewerings van verkragting deur ’n ondergeskikte.

Die saak is deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek ná verskeie bewerings, sê sers. Molefi Shemane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Hy sê ’n inhegtenisneming kan volg as die NVG besluit om met vervolging voort te gaan. “Die ondersoek is afgehandel en die saakdossier is aan die senior staatsaanklaer gestuur vir ’n besluit.”

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van korrektiewe dienste, wou by navrae nie kommentaar lewer oor die besonderhede van die skorsing nie omdat dit “vertroulikheid” is. “Dit is ’n interne saak tussen die werkgewer en die werknemer. Ons kan tans nie nadere besonderhede bekendmaak nie.”

Skorsing sal nie departement se werksaamhede ontwrig

Nxumalo verseker die publiek die skorsing sal nie die departement se werksaamhede ontwrig nie. “Die departement het protokolle in plek om deurlopende diens te verseker. As personeel tydelik nie beskikbaar is nie, word alternatiewe reëlings getref.”

’n Ma van ’n gegoede Bloemfonteinse voorstad is intussen tot 60 maande korrektiewe toesig gevonnis vir die jare lange verkragting en seksuele mishandeling van haar seun.

“Dit behels ontstellende voorvalle van verkragting en molestering wat tussen Januarie 2020 en Desember 2023 in die omgewing van Bayswater in Bloemfontein plaasgevind het,” sê sê kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Konst. Jessica du Preez van Parkweg se GKS-eenheid.

“Die biologiese ma is skuldig bevind aan seksuele misdrywe waartydens die seun deur haar gemolesteer is. Dit het meermale gebeur vandat die seun twaalf jaar oud was.”

Die mishandeling het in Februarie verlede jaar tydens ’n konsultasie met ’n professionele diensverskaffer aan die lig gekom, sê Earle. Dit het gelei tot onmiddellike ondersoek deur konst. Jessica du Preez van Parkweg se GKS-eenheid. Die verdagte (52) is in hegtenis geneem en aangekla.

“Ná deeglike ondersoekwerk deur konst. Du Preez en die doeltreffende vervolging deur die NVG is die beskuldigde skuldig bevind aan molestering. Tydens vonnisoplegging is sy 60 maande korrektiewe toesig kragtens Artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet opgelê,” sê Earle.

Haar naam is opgeneem in die nasionale register van seksuele oortreders, en sy is ongeskik verklaar om met kinders te werk.

OFM Nuus/Charné van der Merwe cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.