Central SA
Laaste dag van onvergeetlike Bloemskou─── HEIDRÈ MALGAS 11:02 Sat, 04 May 2024

“Saterdag is die laaste dag van die Bloemskou wat elke jaar 10 dae lank rondom April en Mei aangebied word.”
Skougangers kan stalletjies besoek wat enigiets van sonpanele tot gevulde pannekoeke verkoop, terwyl sangers en vermaaklikheidskunstenaars nog vir oulaas skougangers op hulle voete gaan hou.
Foto: Bloemskou
Kaartjies om toegang tot die Bloemskou te verkry, kan aanlyn by Computicket, by Shoprite Checkers se geldmarktoonbanke, of by die ingangshekke gekoop word.
Kaartjiepryse wissel van R100 per volwassene; R50 vir senior burgers en studente wat bewys van hul studentekaarte toon; R50 vir kinders tussen ses en 17 jaar en gratis vir kinders onder die ouderdom van ses jaar.
Foto: Touro Sussex Stud/Facebook
Daar is volop parkering buite die skouterrein beskikbaar.
Met meer as 60 kosstalletjies kan skougangers ’n verskeidenheid van lekkernye geniet wat nie elke dag in jou bord beland nie.
Foto: Lillian Breedt/Facebook
Wat om vandag te verwag: Famfest met ’n aantal plaaslike kunstenaars wat om 15:00 optree; Spinning met Team Siya om 19:00 in die MTN MoMo-hoofarena in samewerking met Red Bull, en soveel meer.
Hekke sluit om 23:00.
OFM Nuus cvdw/mvh