On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse kleuter verlam nadat hy hospitaal verlaat

───   16:04 Fri, 26 Jan 2024

Noord-Kaapse kleuter verlam nadat hy hospitaal verlaat | News Article
Fyzihano (Hano) Daniels (4) van Steinkopf. Foto verskaf

“Hy het bevestig dat Hano se nek en werwel nr. 4 gebreek is.”

Net nadat ’n Namakwalandse kleuter se ouers verneem het dat hy nie allergies is nie, is sy nek gebreek tydens ’n fratsongeluk. Fyzihano (Hano) Daniels (4) van Steinkopf, sowat 50 km noord van Springbok, sal waarskynlik nie weer kan loop nie nadat ’n swaar plastiese vensterpaneel hom raaiselagtig getref het.

Die Daniels-gesin moes Maandag (22/1) na Kaapstad reis omdat aanvanklike toetse gewys het dat hy allergies is vir byvoorbeeld koring- en sojaprodukte, asook grondboontjiebotter, sê sy ma, Madelaine.

“Omdat ons doodseker wou maak, het ons dus besluit om na ’n allergiespesialis by die Christaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad te gaan. Toetse het egter die teendeel gewys, met ander woorde dat hy wel brood, burgers, ens. kan eet.”

‘Die plastiese vensterpaneel het losgekom’ 

Volgens Madelaine was hulle so bly oor hierdie goeie nuus dat hulle besluit het om vir hom kos soos ’n burger te gaan koop. By ’n eetplek op die Kaapse stasie het hulle klaar geëet en dit verlaat.

Op pad na hul geparkeerde vervoer het ’n groot soort plastiese vensterpaneel onverklaarbaar van die gebou losgekom. Dit het slegs op die arme seuntjie geval. “Onmiddellik moes ons met hom teruggaan na die hospitaal toe.”

Die los vensterpaneel het net vir Fyzihano (Hano) Daniels getref. Foto verskaf

“Hulle het die aard van sy beserings bepaal en met hom na die Rooikruis-kinderhospitaal gehaas. Later is vasgestel dat bene in sy nek gebreek het. Dis nog erg geswel en nou is hy verlam.”

Sy pa, Fyzle Daniels, vertel hartseer dat die voorwerp soos ’n vensterruit gelyk het. Hy het bevestig dat Hano se nek en werwel nr. 4 gebreek is. Dit affekteer die werking van sy maag en blaas.

Die gebou behoort aan Prasa. Raymond Maseko, streeksbestuurder, sê die ongeluk word ondersoek. Hulle onderneem om die gesin op die hoogte te hou.

Die vensterpaneel het hier van die Prasa-gebou afgeval. Foto verskaf

Die oorsaak van die fratsongeluk is nog onbekend.

OFM Nuus/Isaac Cloete dg



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.