On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners van Theunissen moontlik weke sonder water

───   KEKELETSO MOSEBETSI 13:30 Thu, 21 Dec 2023

Inwoners van Theunissen moontlik weke sonder water | News Article
No sign of repairs at Vandalised Theunissen water treatment plant- Masilonyana councillors Photo: Supplied

“Al sou herstelwerk wonderbaarlik môre begin, sal dit beslis dae of selfs weke neem voordat water aan die gemeenskap verskaf sal word.”

Die watersituasie in die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat het toenemend versleg.

Inwoners van Theunissen is die afgelope agt dae sonder water nadat die watersuiweringsaanleg verlede week gevandaliseer is. Die skade word op sowat R2 miljoen geraam.

Zongezile Ntjwabule, munisipale woordvoerder, het egter aan OFM Nuus gesê voorlopige ondersoeke toon dat groot skade aan elektriese en meganiese onderdele soos pompe aangerig is. Dit is nog onbekend wanneer die finale assesseringsverslag gereed sal wees.

Koperkabels is by die watersuiweringsaanleg in Theunissen gesteel. Foto: Facebook 

VF Plus-raadslid Willem Potgieter het bevestig dat herstelwerk nog nie by die watersuiweringsaanleg begin het nie. Hy sê al is watertenks na Theunissen gestuur, het bejaardes steeds water nodig omdat hulle nie water by die vragmotors kan gaan haal nie.  

“Ons beleef werklik ’n baie ernstige krisis. Al sou herstelwerk wonderbaarlik môre begin, sal dit beslis dae of selfs weke neem voordat water aan die gemeenskap verskaf sal word,” sê hy.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.