On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Een sterfte, beserings aangemeld ná ontwrigtende storm in Bloemfontein

───   HEIDRÈ MALGAS 13:48 Fri, 08 Dec 2023

Een sterfte, beserings aangemeld ná ontwrigtende storm in Bloemfontein | News Article
Dié storm oor Bloemfontein het baie skade aangerig. Foto: Facebook/Storm Report SA

“Ongelukkig het ’n (ander) sewejarige seun gesterf weens ’n kopbesering.”

Die stormweer wat Bloemfontein Woensdag (6/12) getref het, het gelei tot ’n aantal beserings en die dood van ’n sewejarige seun.

Drie pasiënte is opgeneem in die trauma-eenheid van die Pelonomi-hospitaal, sê Mondli Mvambi, Vrystaatse gesondheidswoordvoerder. “ ’n Vyf-en-vyftigjarige vrou van Fase 6 is opgeneem met ’n rugbesering. Die pasiënt is stabiel en ontvang aandag van ortopediese personeel.”

’n Tien maande oue baba is opgeneem met sagteweefselbeserings en is gisteroggend ontslaan (7/12), terwyl ’n sewejarige seun Woensdagoggend kortliks opgeneem is met wonde aan die been. Hy is dieselfde oggend ontslaan.

“Ongelukkig het ’n (ander) sewejarige seun gesterf weens ’n kopbesering,” het Mvambi bygevoeg.

Mathabo Leeto, Vrystaatse LUR vir Gesondheid, het haar medelye met die gesin van die oorledene betuig en beseerdes ’n spoedige beterskap toegewens.

OFM Nuus/Heidre Malgas CG

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.