On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bedrog oopgevlek in Bojanala

───   07:05 Tue, 21 Nov 2023

Bedrog oopgevlek in Bojanala | News Article

'n Voormalige Noordwes munisipale amptenaar staan tereg op 'n aanklag van beweerde korrupsie.

Voormalige Bojanala munisipale finansiële hoof Olga Ndlovu is borgtog van R5 000 toegestaan toe sy Maandag (20/11) in die Rustenburg Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verskyn het.

Sy staan tereg op 'n aanklag van beweerde korrupsie. Ndlovu het haarself vroeër dieselfde dag aan lede van die Valke oorgegee.

Sy word verbind met bedrog van R1,9 miljoen waarby die voormalige munisipale bestuurder vir die munisipaliteit, Patrick Pogisho Shikwane en die direkteur van Marole Nameng Trading, Moses Malesa, glo betrokke is.

In Desember 2018 het Shikwane na verneem word vir Marole Nameng Trading aangestel om die munisipaliteit van ramphulpmateriaal te voorsien. Verslae dui aan dat behoorlike voorsieningskettingprosesse nie gevolg is nie. 

Marole Nameng Trading het glo ook betaling ontvang, maar nooit die verkrygde materiaal afgelewer nie.

Verdere ondersoeke het aan die lig gebring dat Mahle Supply, 'n maatskappy wat besit word deur die voormalige hoof finansiële beampte van die Bojanala-distriksmunisipaliteit, Olga Leslina Ndlovu, R400 000 van Marole Nameng Trading ontvang het tydens haar termyn as finansiële hoof.

Ndlovu se saak is tot 30 November vir verdere ondersoek uitgestel. Shikwane en Malesa het intussen in die hof verskyn en is borgtog van onderskeidelik R10 000 en R5 000 toegestaan.

OFM-nuus/Dane Beisheim

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.