On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

2 wat vrou in Odendaalsrus vermoor se saak uitgestel

───   HEIDRÈ MALGAS 12:54 Fri, 17 Nov 2023

2 wat vrou in Odendaalsrus vermoor se saak uitgestel  | News Article

“Vir nou gaan die ondersoek voort om die motief vir hierdie aanval en die moord op ’n vrou van Bronville te vind.”

Die saak teen twee beskuldigdes wat ’n 34-jarige vrou in Odendaalsrus vermoor het en ’n tweede vrou ernstig beseer het, is tot 21 November 2023 uitgestel. Die saak is uitgestel sodat hulle regsverteenwoordiging kan kry.

Die vrou se liggaam is op 12 November met verskeie steekwonde onder die brug naby die Hospitaalpark op die R30 gekry. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê sy is op die toneel dood verklaar. Hy sê die polisie het later op die mes beslag gelê waarmee sy vermoor is. 

Die ander vrou is in die Goldfields-streekhospitaal opgeneem. Haar toestand is stabiel en sy is van die hospitaal na ’n veiliger plek geskuif.

Die polisie het op ’n wenk gereageer en is na ’n huis in Uitbreiding 15, Bronville. Hier het hulle ’n 65-jarige man gekry wat besig was om bloedkolle in ’n swart Toyota Yaris met ’n Vrystaatse nommerplaat skoon te maak.

Die tweede man, ’n 35-jarige buitelander, is ook in hegtenis geneem. Die derde verdagte is vermoedelik ’n veewagter en is nog op vrye voet. Enigeeen met meer inligting kan die ondersoekbeampte Lalla Kgosing van die Odendaalsrus-speurdiens by 082 301 2797 bel of die Stop Misdaadnommer 08600 10111. 

OFM Nuus/Heidré Malgas     Daphné/Corné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.