On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Gemeenskap veroordeel verkragting van baba in Noordwes

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:28 Mon, 23 Oct 2023

Gemeenskap veroordeel verkragting van baba in Noordwes | News Article

“Die howe moet ingryp voordat gemeenskappe eie reg begin gebruik.”

(English version.)

Inwoners van Noordwes het ’n beroep op die howe gedoen om vertroue in die strafregstelsel te herstel ná die beweerde verkragting van ’n maand oue baba in Brits.

’n Een-en-dertig-jarige man is Donderdag (19/10) in Krokodildrift-Wes buite Brits in hegtenis geneem omdat hy na bewering sy dogter verkrag het. Die verkragting het gebeur nadat die 27-jarige ma hulle binne die plakkershut gelos het om buite kos te maak.

Die Moral Regeneration Movement in Noordwes het die voorval ten sterkste veroordeel. Die provinsiale sameroeper, pastoor Lesiba Kgwele, het die pa gekritiseer vir die afskuwelike daad.

‘Dit is ondenkbaar om te moet besef waardeur die slagoffer moes gaan’

“So 'n ongeregverdigde aanval op ’n weerlose kind deur haar pa, wat veronderstel is om haar lief te hê en te beskerm, wys hoe het die samelewing moreel verval. Dit is ondenkbaar om te moet besef waardeur die slagoffer moes gaan fisiek en sielkundig, asook die lewenslange trauma wat sy moet verduur.”

Kgwele sê die howe moet ingryp voordat gemeenskappe reg in eie hande begin neem. Hy het gemeenskappe aangemoedig om op te staan teen geslagsgeweld.

OFM Nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.