On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Pa in hof vir verkragting van baba

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:00 Mon, 23 Oct 2023

Pa in hof vir verkragting van baba | News Article
Die baba is na die Brits-hospitaal geneem vir ’n mediese ondersoek en is daarna opgeneem.

“Die geskokte ma het om hulp geskree en een van die bure het gereageer en uiteindelik die polisie ontbied.”

’n Pa (31) van Noordwes sal vandag in die Brits-landdroshof verskyn weens die beweerde verkragting van ’n maand oue babadogtertjie in Krokodildrift-Wes.

Volgens polisieverslae was die baba se ma (27) besig om kos buite hul huis voor te berei, terwyl die pa binne geslaap het met die baba langs hom. Die ma het skielik gehoor die baba huil en toe sy by die huis inkom, het sy opgemerk dat iets fout was aangesien die pa en die baba kaal was. Die geskokte ma het om hulp geskree en een van die bure het gereageer en uiteindelik die polisie ontbied.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die baba is na die Brits-hospitaal geneem vir ’n mediese ondersoek en is daarna opgeneem. Die verdagte is in hegtenis geneem en van verkragting aangekla. Hy sal na verwagting Maandag (23/10) in die hof verskyn.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.