On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse predikant is nuwe NG moderator

───   ELSABÉ DE JAGER 19:35 Mon, 16 Oct 2023

Bloemfonteinse predikant is nuwe NG moderator | News Article
Sowat 360 afgevaardigdes is byeen vir die Algemene Sinode. Foto: Facebook

Lubbe, wat die leisels oorneem by ds. Nelis Janse van Rensburg, is ook bekend as kerkhistorikus.

Ds. Jan Lubbe (59), Vrystaatse moderator en predikant van die NG Gemeente Berg-en-Dal in Bloemfontein sedert 1997, is as die nuwe moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk verkies. Sy verkiesing vind plaas in die 61ste bestaansjaar van die Sinode, wat vanjaar in Boksburg aan die Oos-Rand byeenkom.

Met ’n oproep dat die sowat 360 afgevaardigdes saam die Here ontmoet en soekend, nuuskierig saam sinode hou, het prof. Nelus Niemandt, rektor van die Hugenote Kollege op Wellington, Sondagaand die 18de vergadering van die NG Kerk se Algemene Sinode geopen. Die verrigtinge het begin met ’n erediens, koorsang en ’n lament van verootmoediging en selfondersoek.

Afgevaardigdes bestaan uit predikante, kerkraadslede en dosente. Uit die NG Kerk Vrystaat is 18 leraars en 19 kerkraadslede afgevaardig. Uit die Sinode van Noord-Kaapland is 14 predikante en 13 kerkraadslede teenwoordig.

Die Algemene Sinode is tans in sy 61ste bestaansjaar. Foto: Facebook

Dr. Leon Foot, skriba van die NG Kerk Vrystaat en leraar van die NG Gemeente Welkom-Suid, sê altesaam nege samestellende sinodes asook die Sinode van Namibië is tans in Boksburg teenwoordig.

Lubbe, wat die leisels oorneem by ds. Nelis Janse van Rensburg, is ook bekend as kerkhistorikus. In Oktober 2018 spreek hy hom in die omstrede kerklike debat oor homoseksualisme openlik uit téén dr. Chris van Wyk se stelling oor homoseksualiteit en pedofilie, en meen hy Van Wyk behoort tot orde geroep word.  

Ds. Jan Lubbe word gelukgewens met sy verkiesing as moderator. Foto: Facebook

Boodskappe van gelukwensing en goeie wense stroom sedert die bekendmaking van dié Kalahari- boorling en eertydse student aan die UV se verkiesing in op sosiale media.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.