On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Dele van Bloemfontein sonder water nadat pyp bars

───   TSHEHLA KOTELI 08:26 Tue, 10 Oct 2023

Dele van Bloemfontein sonder water nadat pyp bars | News Article

“Tegnici is reeds op die terrein en herstelwerk sal na verwagting 36 uur duur.”

Verskeie dele van Bloemfontein in die Vrystaat sal sonder water wees nadat ’n pyp gebars het.

Qondile Khedama, die woordvoerder van die Mangaung Metro-munisipaliteit, sê die pyp het op die Bloemwater-pyplyn gebars tussen die De Hoek- en Uitkyk-reservoir. “Dit is op die hooflyn wat water aan Bloemfontein verskaf. Tegnici is reeds op die terrein en herstelwerk sal na verwagting 36 uur duur.” Die pyp het, na wat verneem word, Maandag (9/10) gebars.

Khedama het bygevoeg watertenkwaens sal na geaffekteerde gebiede in Bloemfontein gestuur word. Die metro sal inwoners van Mangaung voortdurend op hoogte hou van die herstelproses se vordering. “Mangaung Metro vra om verskoning vir die ongerief wat dit mag veroorsaak.”

Watertenkwaens sal na geaffekteerde gebiede in Bloemfontein gestuur word.

Die geaffekteerde gebiede is Pellissier; Lourierpark; Fauna; Wilgehof; ’n gedeelte van Universitas; Gardeniapark; Dewetpark; Vistapark; Heidedal; Rocklands; Phelindaba; Bloemdal; Bloemanda; Fase 2, 3, 4, 5, 6, ens; Freedom Square; Bergman Square; Grassland; Phahameng; Bochabela; Bainsvlei; Langenhovenpark; Spitskop, en die N1 naby Heuwelsig.

Vroeër vanjaar is inwoners van Mangaung sonder water gelaat weens waterpompprobleme by die Welbedachtdam-watersuiweringsaanleg. Verskeie hoofreservoirs se vlakke is geraak, soos Brandkop, De Hoek, en Uitkyk. Die herstelproses het ook 36 uur geneem. Waterkwaliteit is nie beïnvloed nie, alhoewel onderbrekings die hoeveelheid water verminder het.

OFM Nuus/Tshehla Koteli

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.