On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes beloof beter dienslewering

───   KEKELETSO MOSEBETSI 13:20 Mon, 02 Oct 2023

Noordwes beloof beter dienslewering  | News Article
Suid-Afrika se Adjunkpresident, Paul Mashatile, langsdie waarnemende Noordwes-premier, Nono Maloyi, in Sekhing. Foto: Facebook

“Elke Vrydag wanneer ons munisipaliteite besoek, werk ons saam met die munisipaliteite om slaggate reg te maak.”

Die Noordwes-regering gaan voort met sy belofte om die proses van die hantering van dienslewerings te bespoedig.

Die provinsie het onlangs sy diensleweringsprogram Thuntsha Lerole bekendgestel. Nono Maloyi, waarnemende premier, sê die doel van die program is om dienste vinniger te lewer. “Ons praat minder en lewer meer.”

Paul Mashatile,  adjunkpresident, het ’n boom geplant vir die Thutsha Lerole-program. Foto: Facebook

Maloyi, Paul Mashatile, Adjunkpresident, Sibongiseni Dhlomo, Adjunkminister van Gesondheid, en Madoda Sambatha, LUR vir Gesondheid, het Vrydag (30/9) die Sekhing Village besoek. Dit het deel gevorm van die gemeenskap se terugvoer oor Thuntsha Lerole. Maloyi sê sedert die program begin het, het staatsamptenare verskeie munisipaliteite in die provinsie besoek om oor uitdagings van dienslewering te praat.

Die Ba-Ga Mothibi-gemeenskapsgesondheidsentrum in Sekhing is Vrydag amptelik geopen. Foto: Facebook

“Elke Vrydag wanneer ons munisipaliteite besoek, werk ons saam met munisipaliteite om slaggate reg te maak. Waar boorgate nie behoorlik werk nie, omdat ons veral in hierdie gebied van ondergrondse water afhanklik is, gaan help ons om daardie boorgate reg te maak. Die meeste van ons straatligte werk nie. Ons maak daardie straatligte reg, want dit is nie veilig vir ons kinders en ouer mense nie.”

Die Ba-Ga Mothibi-gemeenskapsgesondheidsentrum in Sekhing. Foto: Facebook

Mashatile het Vrydag die Ba-Ga Mothibi-gemeenskapsgesondheidsentrum in Sekhing amptelik geopen. Die sentrum sal ’n 24-uur diens aan die gemeenskappe lewer.

Madoda Sambatha, LUR vir Gesondheid, saam met Sibongiseni Dhlomo, Adjunkminister van Gesondheid, op die amptelike bekendstelling. Foto verskaf

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.