On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Central SA

Beweerde bedrog: Noord-Kaapse hoës uit op borgtog

───   14:34 Mon, 28 Aug 2023

Beweerde bedrog: Noord-Kaapse hoës uit op borgtog  | News Article
Dit was verpligtend tydens die pandemie om ’n masker te dra. Foto: Unsplash/Mika Baumeister

Dion Theys en sy medebeskuldigdes, Daniel Gaborone, hoof- finansiële beampte, en Victor Nyokong, adjunkdirekteur van finansies, , is borgtog van R5 000 elk toegestaan.

Dr. Dion Theys, Noord-Kaapse hoof van die departement van gesondheid, en sy medebeskuldigdes is Maandag (28/8) in die landdroshof in Kimberley borgtog toegestaan.

Die SAUK berig Theys en sy medebeskuldigdes, Daniel Gaborone, hoof- finansiële beampte, en Victor Nyokong, adjunkdirekteur van finansies, het elk borgtog van R5 000 gekry. Hulle word saam met ses ander beskuldig van bedrog en korrupsie wat verband hou met ’n tender vir persoonlike beskermende toerusting ter waarde van meer as R16 miljoen.

“Ons neem kennis van die hofuitspraak oor hul borgtogaansoek. Dit was in die beste belang van geregtigheid soos deur die voorsittende beampte aangedui en vorentoe konsentreer ons op hierdie aangeleentheid, want ons glo dat die drie beskuldigdes, saam met ander, 'n saak het waarop hulle moet antwoord wat betref die aangeleentheid oor persoonlike beskemingstoerusting,” sê Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die provinsiale Nasionale Vervolgingsgesag


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.