On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Gemeenskap in rou ná moord op Vrystaatse boer

───   ELSABÉ DE JAGER 13:26 Tue, 25 Jul 2023

Gemeenskap in rou ná moord op Vrystaatse boer | News Article
Mike Pattinson was sedert die stigting van die Harriston School as vriend en kollega betrokke.

Hy was ’n filantroop wat weeskinders soos sy eie grootgemaak het.

Só neem Harriston School op sosiale media afskeid van hul kollega en vriend. 

Michael André Pattinson (67) van die plaas Summerslie naby Harrismith is Maandag (24/7) deur sy broer as vermis aangemeld. Pattinson se plaaswerkers het die oggend afgekom op sy beseerde hond. Sy voertuig was weg en oral op die plaas was bloedkolle sigbaar.

Met behulp van ’n opsporingstelsel is die motor later die dag naby ’n taverne in die Tseseng-nedersetting in Qwaqwa opgespoor. Die verdagtes was in ’n nabygleë vertrek, maar het met die polisie se aankoms gevlug. Die polisie het daarin geslaag om al sewe verdagtes, insluitende twee vroue, aan te keer. Die liggaam van Pattinson is in dieselfde vertrek gevind. Twee skootrekenaars en ’n kamera wat as die oorledene se eiendom geïdentifiseer is, is op die toneel gevind.


In reaksie op die moord sê die Vrystaatse DA-leier, Roy Jankielson, die party is bekommerd oor landelike veiligheid in die algemeen, asook die toename in gewelddadige plaasaanvalle. Veediefstal en die diefstal van landboutoerusting is ook aan die orde van die dag.

Hy sê die DA het reeds ’n alternatiewe landelike veiligheidsbeleid. Hulle sal voortgaan om druk op die regering te plaas om aspekte van hierdie beleid toe te pas, wat ook die gebruik van tegnologie insluit.

OFM Nuus/Elsabé de Jager


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.