On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

5 vermis ná swaar reën in Noord-Kaap

───   LUCKY NKUYANE 08:08 Sun, 02 Jul 2023

5 vermis ná swaar reën in Noord-Kaap | News Article
Paaie is weens swaar reën in dele van die Noord-Kaap verspoel. Foto: Verskaf

Minstens vyf mense word vermis ná swaar reën en vloede in Namakwaland in die Noord-Kaap.

Volgens die woordvoerder van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, Jason Milford, word vyf mense steeds vermis ondanks voortgesette reddingsoperasies en soektogte.

Milford het gesê die munisipaliteit bly daartoe verbind om met die plaaslike gemeenskappe, hulporganisasies en staatsdepartemente saam te werk om verligting en ondersteuning te bied. Die polisie het Saterdag 1 Julie duikers ontplooi om ná die vloede na die vermiste persone te soek.


"Ons sal voortgaan om gedurig opdaterings te gee soos wat die situasie ontvou. Die Namakwa-streek is erg geraak deur swaar reënval, wat gelei het tot wydverspreide oorstromings en uitdagende toestande vir die gemeenskappe. In reaksie op hierdie krisis is die Namakwa-operasiespan verenig in hul toewyding om die situasie te hanteer. Ons sal voortdurend die stand van sake kommunikeer, asook inligting verskaf oor die gesamentlike pogings wat onderneem word om verligting na die geaffekteerde gebiede te bring."

Hy sê baie dorpe in die Namakwa-streek bly weens die oorstromings ontoeganklik. Die Departement van Paaie en Openbare Werke het egter na ander munisipaliteite uitgereik om bykomende mannekrag en padskrapers se bystand te vra sodra die toestande bevorderlik raak.

“Die herstel van toegang tot hierdie dorpe is ons topprioriteit.


“Ten spyte van die uitdagings kan ons bevestig dat die erg geaffekteerde gebiede, soos Buffelsrivier en Kleinzee, steeds toegang tot water en elektrisiteit het. Plaaslike winkels het egter berig dat hul voedselvoorraad opraak, wat 'n dringende behoefte aan bystand skep. 

LEES OOK: Vloedskade kan tot noodtoestand in Namakwaland lei

“Die Namakwa-distrik en Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteite is ten volle daarop gefokus om verligting aan die geaffekteerde gemeenskappe te bring. Gesprekke is aan die gang met hulporganisasies en relevante staatsdepartemente om hulp doeltreffend te koördineer. Ons gesamentlike doelwit is om onmiddellike verligting te bied aan behoeftiges,” het Milford gesê.

Die distriksmunisipaliteit sal na verwagting hommeltuie gebruik om kundiges op die grond van ’n lugfoto van die geaffekteerde gebied te voorsien.

OFM Nuus

  

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.