On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Kommer oor inwoners se gesondheid weens brande by stortingsterrein

───   HEIDRÈ MALGAS 14:07 Thu, 22 Jun 2023

Kommer oor inwoners se gesondheid weens brande by stortingsterrein | News Article
Inwoners in die noorde, soos ook in die suide, is bekommerd oor hul gesondheid weens die rook, die luggehalte, misdaadbedrywighede en onwettige storting. FOTO: Gypseenia Lion/Bloemfontein Courant

Inwoners van die noordelike voorstede in Bloemfontein is bekommerd oor die langtermyn invloed van brande wat van tyd tot tyd by dié stortingsterrein ontstaan.

Die DA-raadslid vir wyk 44, Selmé Pretorius, sê die saak is reeds verskeie kere geopper met inisiatiewe soos die beter bestuur van die stortingsterrein, die voorkoming van brande, beter veiligheidstelsels, dikker grondlae en vroeë waarskuwingstelsels.

Sy sê petisies is ingedien waarin die negatiewe gevolge van die terrein op inwoners beklemtoon is. Dit sluit in kommer oor hul gesondheid weens die rook, die luggehalte, misdaadbedrywighede en onwettige storting.

Inwoners vra dat luggehalte gemonitor en ’n verslag saamgestel word. FOTO: Gypseenia Lion

Die waarde van eiendom in die omgewing word ook benadeel. “Die inwoners kla ook oor die misdaad en doen ’n beroep op die regering om in te gryp.”  

Pretorius sê deur die petisie wil hulle baie ondersteuning kry om hul saak te versterk. Nadat alle relevante inligting oor die saak ingewin is, sal ’n omvattende verslag saamgestel word wat alle nodige bewyse bevat.

"In ’n poging om die terrein te beheer en te bestuur, het die metro planne om ’n voltydse bestuurder van 1 Julie 2023 aan te stel."

Sy sê dat dit ongelukkig nog nie duidelik is wie hierdie persoon is nie. Inwoners het versoek dat ’n gekwalifiseerde maatskappy of individu aangestel word om die luggehalte te monitor en ’n verslag saam te stel.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.