On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

‘Kind wat geboorte skenk, is nie nét kommerwekkend nie ...’

───   09:52 Thu, 22 Jun 2023

‘Kind wat geboorte skenk, is nie nét kommerwekkend nie ...’ | News Article

Die kinderregte-organisasie Teddy Bear Clinic sê tienerswangerskap moet as ’n pandemie in Suid-Afrika verklaar word, aangesien ál hoe meer kinders wat nog nie eens puberteit bereik het nie, swanger raak.

Dit volg nadat die Noord-Kaapse departement van opvoeding kommer uitgespreek het nadat meer as 3 000 leerders swanger geraak het tussen laasjaar en Maart vanjaar.

Die provinsie se statistieke toon dat hierdie kinders tussen die ouderdomme van 10 en 19 is.

“As ’n 10-jarige geboorte skenk, moet ons hierdie as ’n pandemie verklaar. 

“ ’n Kind wat geboorte skenk is nie net kommerwekkend nie, dis ontmoedigend, dis sielvernietigend. Daardie kind en die baba word beroof van alle geleenthede. Die fisiese en sielkundige gevolge is lang-termyn en sal hulle hul lewe lank volg,” sê Shaheda Omar, kliniese direkteur van Teddy Bear Clinic.

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.