On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse tieners met uitdagings gehelp

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:40 Mon, 07 Apr 2025

Bloemfonteinse tieners met uitdagings gehelp | News Article
Foto: iStock

’n Geleentheid om tieners te bemagtig in ’n wêreld waar hulle voortdurende druk ondervind, ’n lae selfbeeld het en swig onder groepsdruk en afknouery en die invloed van sosiale media, is noodsaaklik om hulle toe te rus om te floreer.

Sondag (13/4) word ’n geleentheid aangebied hierdie uitdagings die hoof te bied, deur ’n bemagtigende werksessies wat ontwerp is om beide die fisiese en geestelike aspekte van welstand aan te spreek, sê Tegan Botes opleidingstakbestuurder en modelafrigter vir V-Models in Bloemfontein. 

“Die geleentheid sal toegespits wees op sommige van die grootste uitdagings wat tieners vandag in die gesig staar behoefte aan bekragtiging.”

Botes vertel die sielkundige Este Pistorius sal saam met dieetkundige Elske Rich en ’n jeugpredikant van die Baptistekerk sessies oor geestesgesondheid lei. “Hulle fokus sal wees op die stryd wat tieners vandag ondervind, soos depressie.”

Benewens geestesgesondheidsbesprekings sal die geleentheid ’n verskeidenheid werkswinkels bevat wat fisieke selfversorging dek. Mud Studio Makeup Designery sal ’n grimeerwerkswinkel aanbied, wat tieners leer hoe om hul selfvertroue deur grimeringtegnieke te verbeter.

Nail Lab Aesthetics sal ’n velsorgwerkswinkel aanbied, wat fokus op die belangrikheid van die versorging van ’n mens se vel en Rocca Salida sal ’n haarsorgsessie aanbied wat tieners raad gee oor haarversorging. As deel van die geleentheid sal daar ook ’n V Models-modeskou en ’n werkswinkel vir aspirantmodelle wees, wat tieners aanmoedig om hul uniekheid en individualiteit te omhels.

Tegan Botes. Foto verskaf

Volgens Botes bied hierdie werkswinkels nie net praktiese vaardighede nie, maar ook waardevolle besprekings oor die belangrikheid van selfaanvarding en selfvertroue. “Baie tieners soek vandag aanvaarding van ander, maar hierdie sessies sal die belangrikheid van selfaanvaarding beklemtoon en om goedkeuring van binne af te soek, eerder as van ander mense of sosiale media.”

Sy sê ook dat hulle hoop om tieners te herinner dat hulle unieke mense is, ongeag hul ras, grootte of vorm.

“Die werkswinkels sal ook die beduidende rol aanraak oor hoe dieet ’n rol speel in geestesgesondheid, veral met betrekking tot depressie. Baie tieners is dalk nie bewus van die onderskeid tussen wat hulle eet en hoe hulle emosioneel voel nie. 

‘Om elke tiener te bemagtig’

“Byvoorbeeld, om te verstaan hoe voeding geestesgesondheid kan beïnvloed, kan vir sommige ’n openbaring wees, wat hulle die kennis gee wat hulle nodig het om beter besluite vir hul welstand te neem.”

Botes sê hulle hoop om teen die einde van die werkswinkel elke tiener te bemagtig om die uitdagings wat hulle in die gesig staar met hernieude selfvertroue aan te pak.

“Die doel is om hulle te voorsien van die kennis, vaardighede en insigte wat nodig is om selfbeeld te bou, geestesgesondheid te verbeter en die komplekse wêreld waarin hulle leef te navigeer.”

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.