On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Peritum trots op sy studente wat graad vang

───   11:27 Wed, 26 Apr 2023

Peritum trots op sy studente wat graad vang | News Article
Volgens Peritum Agri het studente die beste moontlike praktiese opleiding gehad. FOTO: Facebook

“Peritum Agri se gegradueerdes het toegang tot die beste dosente met uitstekende kennis van landbou. Hulle kry ook die beste praktiese onderrig van landbou-instellings in die land.”

“Dit plaas hulle in die posisie om by te dra om Suid-Afrika een van die beste lande op die gebied van landbou te maak.”

Direkteur van Peritum Agri Institute, Ernest Beck, sê die gradeplegtigheid is op 21 April 2023 by Leopards Lace in Bloemfontein gehou. 90 studente het hul nasionale diplomas in plant- en diereproduksie ontvang.

“Die diplomas is beroepsgerig met praktiese kursusse om gegradueerdes voor te berei vir werk in die landbousektor. Dit is ook 100% geakkrediteerd met ’n balans tussen prakties en teorie,” sê hy.


Peritum Agri het studente se sukses tydens ’n gradueringsplegtigheid erken. FOTO: Facebook

Hy het ook genoem dat meeste studente nie die gradeplegtigheid kon bywoon nie, omdat hulle reeds in die landbousektor werk gekry het.

"Die ontwikkeling van kundige mense vir die landboubedryf is van uiterste belang," sê Jaco Beyers, John Deere se besturende direkteur vir Afrika en die Midde-Ooste. John Deere is  'n langtermynvennoot van Peritum.

 “Ons het jong mense in die landbou nodig. Hulle pas makliker aan by  die vinnige tegnologiese vooruitgang wat noodsaaklik is om suksesvol te kan boer," sê hy.

Die voorsitter van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) van Suid-Afrika, James Faber, sê daar is 'n groot aanvraag na geskoolde mense op alle vlakke van  die landbou.

“Agri-opleiding is van kritieke belang om hierdie leemte te vul. Met inagneming van die kapitaalvloei in die landbousektor kan boere en agri-ondernemings nie bekostig om ongeskooldes in diens te neem nie,” sê hy.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.