On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Platfontein, Galeshewe sonder krag ná meisie se skokdood

───   08:40 Sun, 09 Apr 2023

Platfontein, Galeshewe sonder krag ná meisie se skokdood | News Article
Foto ter illustrasie: Unsplash

Kragtoevoer na die nedersetting Platfontein buite Kimberley is Saterdag afgeskakel nadat ’n meisie haar daar doodgeskok het. Dit het ook tot ’n kragonderbreking in die township Galeshewe gelei.

Die krag sou afgeskakel bly terwyl die voorval ondersoek word, sê Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit. Forensiese ondersoekers moes die toneel eers veilig verklaar.

Sy sê die munisipaliteit en polisie probeer nog vasstel presies wat gebeur het en of infrastruktuur beskadig is.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, was nie Sondagoggend beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

OFM Nuus / Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.