On Now
Weekends 19:00 - 20:00
Nuut in Afrikaans Oscar
NEXT: 20:00 - 22:00 Sunday Night with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Raadop polisie vra publiek moet vermiste Clarens-man (54) help opspoor

───   MORNÉ VAN ROOYEN 20:44 Fri, 07 Apr 2023

Raadop polisie vra publiek moet vermiste Clarens-man (54) help opspoor | News Article

Clarens se polisie sê hulle het die omgewing gefynkam, ook met die honde-eenheid se hulp, maar tot dusver is daar geen spoor van ’n inwoner wat meer as ’n week gelede vermis geraak het nie.

Die laaste wat enigiemand Gavin Burls (54) gesien het, was Vrydag 31 Maart omstreeks 14:00 op die Oos-Vrystaatse dorpie. Hy het ’n denim en ligblou langmouhemp gedra.  

“Sedertdien is hy nog nie weer gewaar nie,” sê ao. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder. “Niemand weet waar hy hom bevind nie. Daar is ook geen teken van hom op die plaas waar hy [werk] nie.”

Mophiring sê beamptes het hoog en laag gesoek. “Daarom vra ons enigiemand met inligting moet dit aan hul naaste polisiekantoor bekendmaak, want ons het die publiek se hulp nodig om hom op te spoor.”

‘Bid vir kalmte, geloof, liefde en wysheid’

Intussen het inwoners Woensdagaand (5/4) om 18:00 ’n massagebed gereël toe hulle gevra het besorgde inwoners van Clarens moet, waar hulle ook al op daardie oomblik was, bid vir kalmte, geloof, liefde en wysheid.

“Gavin en sy familie is bekend en bemind in Clarens. Die Burls-familie is al meer as 60 jaar deel van Clarens se gemeenskap,” skryf Michael Scheepers by die gebedsversoek op Facebook.

Enigeen met inligting, kan Clarens se polisie bel by 058 256 6001 of Stop Misdaad by 08600 10111.

OFM Nuus/Morné van Rooyen

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.