On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Interdik dwing Noord-Kaapse mediese personeel om hul werk te doen

───   10:08 Fri, 07 Apr 2023

Interdik dwing Noord-Kaapse mediese personeel om hul werk te doen | News Article
Ambulanse by die Dr. Harry Surtie-hospitaal staan agter slot en grendel tydens die sloerstaking. Foto: Roderick Titus

Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het ’n hofbevel bekom om nooddienstewerkers te dwing om diens te lewer.

Tydens ’n besoek van OFM Nuus het werkers die inbelsentrum in die Dr. Harry Surtie-hospitaal op Upington onbeman gelaat, terwyl dieselfde probleem blykbaar oral in die provinsie voorkom.

Die gesondheidsdepartement het die interdik in die aanloop tot die besige Paasnaweek bekom om te verhoed dat nooddienswerkers sloerstaak. By die Upingtonse hospitaal was byvoorbeeld geen werkers aan diens nie. Drie ambulanse het verlate op die terrein gestaan en die ingang na die beheersentrum was gesluit.

Die ingang na die Dr. Harry Surtie-hospitaal op Upington se oproepsentrum, waarheen mense in noodgevalle bel, was gesluit tydens OFM Nuus se besoek. Foto: Roderick Titus

Lulu Mxekezo, gesondheidswoordvoerder, sê die departement wil met die oog op die langnaweek seker maak dienslewering gaan voort nadat dit aan die lig gekom het ontevrede werkers lê mediese dienste in die provinsie lam met ’n sloerstaking.

Sy sê die hofbevel maak enige deelname aan die staking onwettig. Sy doen ’n beroep op nooddienstepersoneel om hulle te weerhou van optrede wat dienslewering kniehalter en menselewens in gevaar stel.

In die nooddienste se personeel was geen siel nie. Foto: Roderick Titus

Volgens haar weet die departement nie wat die redes vir die staking is nie. Hulle sal met die werkers gesprek voer om dit vas te stel.

Mxekezo wil die publiek verseker hulle hou die omstandighede fyn dop om seker te maak dat ambulansdienste wel beskikbaar is.

OFM Nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.