On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Raad keur nuwe name vir Kovsie-koshuise goed

───   18:04 Fri, 02 Dec 2022

Raad keur nuwe name vir Kovsie-koshuise goed  | News Article

Die Raad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het eenparig die naamsveranderinge van vyf koshuise op die Bloemfontein-kampus goedgekeur.

Volgens prof. Francis Petersen, UV-rektor en visekanselier, is die name van al 36 koshuise op die kampus hersien om te verseker dat die institusionele kultuur en ruimtes bydra "tot 'n inklusiewe gevoel van om te behoort".

Die proses vir die hersiening en aanpassing van die name van verskeie koshuise is in 2021 deur die universiteit se benamingskomitee begin.

Volgens ‘n verklaring op die universiteit se webwerf gee die “aanbevole naamsveranderinge uitdrukking aan die universiteit se verbintenis om moedig te worstel met sy gedeelde verlede, hede en toekoms”.

Die volgende naamsveranderinge is deur die UV-raad goedgekeur:

- Abraham Fischer word Abraham Fischer-Boetapele (Ntlo ya Boetapele beteken “huis van leierskap” in Sesotho)';

- Kiepersol word Imvelo-Yesizwe (“bou die nasie” in isiZulu);

- Reitz/Mia Casa word Toa Mageuzi (“evolusie” in Kiswahili);

- President Steyn word ¡ke e: /xarra //ke-President Steyn (¡Xam vir “eenheid in verskeidenheid”);

- Boomplaas word Intsika-ye-Khaya (“pilaar van die huis” in isiXhosa).

Volgens prof Petersen was dit vir die benamingskomitee belangrik om die sosiale geregtigheid en veeltalige agenda van die UV te balanseer.

“Daarom weerspieël die tale wat in die hernoemingsproses gebruik word, nie net sommige van die tale wat by die UV gepraat word nie (Engels, Sesotho, Afrikaans en isiZulu), maar ook tale soos isiXhosa, Kiswahili en erkenning aan die Khoisan-erfenis van die Vrystaat en Suid-Afrika.

“Die hernoemingsproses is 'n belangrike mylpaal vir die UV. Dit simboliseer die moed en visie van die universiteitsgemeenskap en vier sy verbintenis tot transformasie,” sê hy.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.