On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteinse ma gestraf vir dade met eie seun

───   16:52 Fri, 25 Apr 2025

Bloemfonteinse ma gestraf vir dade met eie seun | News Article
Foto ter illustrasie: Unicef

’n Ma van ’n gegoede Bloemfonteinse voorstad is tot 60 maande korrektiewe toesig gevonnis vir die jare lange verkragting en seksuele mishandeling van haar seun.

Die polisiediens in die Vrystaat verwelkom die suksesvolle vervolging van die vrou van Bayswater wat moontlik gemaak is deur Parkweg se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS), in dié sensitiewe saak waarin ’n minderjarige gemolesteer is, sê kapt. Loraine Earle, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

“Dit behels ontstellende voorvalle van verkragting en molestering wat tussen Januarie 2020 en Desember 2023 in die omgewing van Bayswater in Bloemfontein plaasgevind het,” sê Earle. “Die biologiese ma is skuldig bevind aan seksuele misdrywe waartydens die seun deur haar gemolesteer is. Dit het meermale gebeur vandat die seun twaalf jaar oud was.”

Konst. Jessica du Preez van Parkweg se GKS-eenheid.

Die mishandeling het in Februarie verlede jaar tydens ’n konsultasie met ’n professionele diensverskaffer aan die lig gekom, sê Earle. Dit het gelei tot onmiddellike ondersoek deur konst. Jessica du Preez van Parkweg se GKS-eenheid. Die verdagte (52) is in hegtenis geneem en aangekla.

“Ná deeglike ondersoekwerk deur konst. Du Preez en die doeltreffende vervolging deur die NVG is die beskuldigde skuldig bevind aan molestering. Tydens vonnisoplegging is sy 60 maande korrektiewe toesig kragtens Artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet opgelê,” sê Earle.

Haar naam is opgeneem in die nasionale register van seksuele oortreders, en sy is ongeskik verklaar om met kinders te werk.

OFM Nuus




@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.