On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

VF plus ontevrede oor toestand van Vrystaatse gesondheidsdienste

───   BAMBATHA GIKO 14:44 Wed, 02 Nov 2022

VF plus ontevrede oor toestand van Vrystaatse gesondheidsdienste | News Article

Die VF Plus vra kritiese vrae oor die personeeltekort wat volgens die party bydra tot die swak toestand van gesondheidsdienste in die Vrystaat.

Die Vrystaatse Gesondheidsdiens het glo meer as 6 000 vakante poste weens 'n gebrek aan fondse.

Die Vrystaatse Parlementslid van die VF Plus, Adriaan de Bruyn sê hulle is nie tevrede met die minister se benadering tot die probleem nie. Dit is onaanvaarbaar dat die gesondheidsdepartement soveel vakante poste het, want dit belemmer die kwaliteit van dienste wat pasiënte in hospitale en klinieke ontvang.


Die Vrystaatse gesondheidsdepartement het 'n taakspan aangestel om elke jaar aan kritieke poste voorkeur te gee. Die taakspan beoog om 875 vakatures in Maart 2023 te vul teen meer as R200 miljoen.

De Bruyn het die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, gevra watter stappe gedoen gaan word om die Vrystaat se gesondheidsdienste re te ruk.

“800 poste is baie ver van die 6000 wat nodig is; dit is eintlik maar ’n druppel aan die emmer as ons daaraan gaan dink,” sê De Bruyn. “Daar sal verseker beter begroot moet word om hierdie poste gevul te kry.”

Volgens De Bruyn het die nasionale regering bekend gemaak dat hy R350 miljoen begroot het om aan Kuba te skenk vir die Fidel Castro-Nelson Mandela-skema om Suid-Afrikaanse dokters daar op te lei.

“Dit is geld wat ons eerder in ons eie land kon spandeer. Die R350 miljoen kon bygedra het tot die salarisse van ons dokters om hierdie poste te vul.”

De Bruyn sê weens die gesondheidsdepartement se gebrek aan fondse is hul benadering om die probleem op te los onrealisties. As die departement skaars kan bekostig om die nasionale gesondheidsversekering op die been bring, hoe sal hulle dan die probleme in die Vrystaat kan oplos.

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.