On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

#JagersfonteinDisaster: Inwoners onthou ramp - VIDEO

───   HEIDRÈ MALGAS 12:31 Tue, 27 Sep 2022

#JagersfonteinDisaster: Inwoners onthou ramp - VIDEO | News Article

Dit is al twee weke sedert Jagersfontein deur 'n tragedie getref is toe die nabygeleë myndam ineengestort het en groot skade aan honderde inwoners se huise en vee aangerig het.

Een van die vele oorlewendes van die ramp, Riorita Breytenbach, sê sy was in die kombuis in haar huis ten tyde van die mynramp.

“Die water het so 7-uur gekom en het my 12 kilometer saamgesleep tot by Valfontein, en in daardie oomblik het ek maar net vir die Here gevra om my te help en my kop bo water te hou,” het Breytenbach gesê.

'n Foto van Breytenbach is op sosiale media versprei waar sy bedek is met modder en agter op 'n bakkie sit.


OFM-nuus het vroeër berig dat twee mense na bewering nog vermis word, met een persoon wat vermoedelik gesterf het ná die ramp in Jagersfontein.

LEES OOK: #JagersfonteinDisaster: 3 people missing, 1 suspected dead

Volgens die Kopanong-munisipaliteit se woordvoerder, Solomzi Phama, moet hulle nog bevestig hoeveel mense wel gesterf het ná die ramp wat die dorp getref het. Hy sê meer as 100 huise is geraak.

Phama voeg ook by dat die hoofkragstasie wat die hele dorp van elektrisiteit voorsien, beskadig is as gevolg van die voorval. 

LEES OOK: #JagersfonteinDisaster: Search for missing people to continue

OFM-nuus het vroeër berig die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, het die rampbestuurspan en die Gesamentlike Operasiesentrum na Jagersfontein geaktiveer.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.