On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

#BethlehemWeek: 120 jaar later brand die Trekkervlam steeds hoog

───   HEIDRÈ MALGAS 07:00 Wed, 31 Aug 2022

#BethlehemWeek: 120 jaar later brand die Trekkervlam steeds hoog | News Article
PHOTO: Facebook

Bethlehem Voortrekker Hoërskool is vanjaar 120 jaar oud en ná hierdie 120 jaar, brand die skool se vlam steeds hoog.

Adjunkhoof van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, Benette Brits, vertel dat ‘Non sibi sed patriae’, wat beteken "nie vir homself nie, maar vir sy land", vanaf 1917 die skool se leuse is. Dit spreek duidelik dat die fakkel en vlam nie vir hulleself aangesteek word nie, maar vir hul vaderland en skoolgemeenskap.

Sy voeg by dat sy sedert 1996 verbonde aan Voortrekker is, en die trots wat binne in elke Voortrekker-leerder se hart gekweek word, maak dat die skool uitstaan van die res.

“Die trekkerspore wat elke oud- en huidige leerder hier laat, sal altyd deel van die nalatenskap bly,” sê Brits.

“Voortrekker is een van die voorste akademiese skole in die Vrystaat, wat ook kampioene op die sportveld en kultuur-verhoë kweek,” voeg sy by.

Sy vertel verder dat Voortrekker ook deel is van die top-skole in die Vrystaat met hulle matriekuitslae en ook die beste gemengde atletiekskool in die Vrystaat is.

“Twee van ons hokkiespanne speel in die Suid-Afrikaanse Super 12-hokkietoernooi,” het Brits gesê.

Sy vertel dat netbal en hokkie Suid-Afrikaanse spelers oplewer, en dat kultuur nie agterbly nie. Deelnemers aan nasionale redenaars- en debatkompetisies presteer ook.

Verder vertel sy dat die trekkerspore nooit uitgewis sal word nie, want die toekomspad word in lig gestap met die nalatenskap wat elke oud- en huidige trekkerleerder hier op die trekkergrond laat.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.