On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Afname in vetplante in SA wek kommer

───   16:35 Thu, 28 Jul 2022

Afname in vetplante in SA wek kommer | News Article
Conophytum ricardianum - Conophytum ricardianum/PHOTO: Flickr

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut sê die ongekende afname in vetplante in Suid-Afrika weens die impak van klimaatsverandering en onwettige handel, veral in die Namakwa-streek van die Noord-Kaap, wek kommer.

’n Datalys is in 1963 geskep as die wêreld se mees omvattende bron van inligting oor die bewaringstatus van plant- en dierspesies, waarvan 210 spesies vir die eerste keer in die jongste opname aangemeld is.

Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Biodiversiteitsinstituut - Nontsikelelo Mpulo - sê die meeste spesies behoort aan die genus Conophytum, 'n groot en diverse groep dwergvetplante.

Mpulo sê 97 persent van die genus word in een van die drie bedreigde kategorieë gelys, terwyl 45 persent in die hoogste kategorie as kritiek bedreig bestempel word. Volgens Mpulo het die aantal plante wat deur wetstoepassingsagentskappe van onwettige handelaars gekonfiskeer word ook jaarliks met 250 persent toegeneem - met die Namakwa-streek as teikengebied vir stropers die afgelope drie jaar.

Drie spesies Alwynkokerbome word ook as bedreig gelys, terwyl die bekende Kokerboom (wat oor groot dele van die ZF Mcgawu-streek en Namakwaland voorkom ook as kwesbaar bestempel word.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.