On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Elektrisiën sterf weke nadat substasie ontplof

───   HEIDRÈ MALGAS 09:41 Wed, 20 Jul 2022

Elektrisiën sterf weke nadat substasie ontplof | News Article

Een van die elektrisiëns wat aan 'n substasie in Kimberley gewerk het toe dit ontplof het, Faiek Adams, het weke later aan sy beserings beswyk.

OFM-nuus het vroeër berig dat die ontploffing  by ’n mini-substasie in Avivastraat plaasgevind het, waar drie elektrisiëns beseer is.

LEES OOK: Drie elektrisiëns beseer toe Noord-Kaapse substasie ontplof

Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het gesê Adams het ongelukkig weens 'n longinfeksie beswyk en is die afgelope naweek na die Millpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas, waar hy Dinsdagmiddag gesterf het.

“Hy was vir byna drie weke in die intensiewe-sorgeenheid met ernstige brandwonde,” het sy gesê.

LEES OOK: Nuwe substasie ná ontploffing geïnstalleer; elektrisiën kritiek beseer

Sy het bygevoeg dat hy saam met twee vakleerlinge was toe die voorval gebeur het en hulle is sedertdien uit die hospitaal ontslaan en het van hul beserings herstel.

“Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie. Ons het een van ons eie verloor en ons sal altyd daardie goeie herinneringe en sy groot bydrae tot die Kimberley-gemeenskap koester,” het Riet gesê.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.