Central SA
Gewapende rooftogte tref Bloemfontein─── HEIDRÈ MALGAS 09:04 Sun, 17 Jul 2022
Nog ’n gewapende rooftog is in Bloemfontein in die Vrystaat aangemeld, enkele ure voordat twee mense by 'n kruidenierswinkel in Central Park doodgeskiet is.
Luidens 'n verklaring deur die polisie, is 'n man wat in Langenhovenpark woonagtig is, Vrydag by 'n nabygeleë winkelkompleks om geld te deponeer toe twee onbekende mans hom met 'n vuurwapen oor die kop geslaan het.
Die verklaring voeg verder by dat die slagoffer van R2 000 beroof is. Een verdagte het 'n skoot in die lug afgevuur en van die toneel gevlug in 'n wit Renault Cleo, met die registrasienommer HPS 615 FS.
Die slagoffer is deur nooddienste na die Rosepark-hospitaal gehaas vir mediese behandeling.
ALSO READ: Two more people shot and killed in Free State
In 'n afsonderlike voorval wat ook Vrydag plaasgevind het, het 'n gewapende rooftog by 'n kruidenierswinkel in Central Park die lewens van twee persone geëis. Volgens die polisie is een van die oorledenes die seun van die winkeleienaar.