On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Departement reageer op Vrystaatse verkeerstaking

───   HEIDRÈ MALGAS 12:01 Fri, 15 Jul 2022

Departement reageer op Vrystaatse verkeerstaking | News Article
PHOTO: Heidrè Malgas

Provinsiale verkeersbeamptes in die Vrystaat het uiting aan hul frustrasies gegee deur 'n vreedsame betoging te begin en die Lengau-sentrum te sluit, onder meer omdat hulle meen daar word nie aan hulle basiese behoeftes voldoen nie.

Die Departement van Polisie, Paaie en Vervoer (DPV) se woordvoerder, Hillary Mophethe, sê die betoging is weens bewerings dat oortyd nie betaal word nie weens die afwesigheid van bewyse, bekend as 'n Portfolio of Evidence of POE, soos wat deur die beleid vereis word.

“Die departement het die POE, volgens die beleid, van amptenare versoek vir die verwerking van hierdie eise. Sodra die POE ontvang is, sal hierdie eise betaal word,” het sy gesê.

Sy sê oor die verkryging van uniforms is dit belangrik om daarop te let dat die departement verlede jaar begin het met die verkryging van uniforms vir laer posvlakke (senior provinsiale inspekteurs en provinsiale inspekteurs) as die eerste fase. Dit is in Desember 2021 aan hulle uitgereik, het sy bygevoeg.

"Die tweede fase van verkryging begin (môre) 15 Julie 2022, met 'n tender wat geadverteer sal word vir die verdere verkryging van uniforms vir verkeersbeamptes."

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.