On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Roekelose bestuur ondersoek na treinbotsing

───   HEIDRÈ MALGAS 14:21 Mon, 30 May 2022

Roekelose bestuur ondersoek na treinbotsing | News Article
PHOTO: Joseph Covane

‘n Saak van roekelose bestuur is vandag by die Heidedal polisiestasie aanhangig gemaak.

Dit volg nadat ‘n trein met twee motors gebots het.

‘n Bestuurder en ‘n insittende van een van die voertuie het vanoggend na veiligheid gespring voordat die aankomende trein hulle kon tref.

Volgens polisiewoordvoerder Joseph Covane het die goederetrein, wat sement vervoer het, met twee motors gebots het.

“Een van die motors - ‘n Volkswagen Golf - het in die middel van die spoorlyn vasgesit” het hy gesê.

Hy voeg by dat die ander motor, ‘n Volkswagen Jetta, gepoog het om die ander motor verby steek, maar die trein het gevolglik beide motors getref en ‘n ent gesleep.

“Die 56-jarige bestuurder van die Jetta het tydens die ongeluk beserings opgedoen en is na die hospitaal gehaas. Albei voertuie is ernstig deur die impak beskadig. Die ondersoek in die saak duur voort,” voeg Covane by.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.