On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

#Interpol, Valke kry Amerikaanse pa en kinders in Upington

───   10:31 Wed, 30 Mar 2022

#Interpol, Valke kry Amerikaanse pa en kinders in Upington | News Article
Image: Anadolu Agency

'n Amerikaanse pa en sy vier kinders is na 'n gesamentlike ondersoek tussen Interpol en die Valke in Upington opgespoor.

Woordvoerder van die polisie se spesialis ondersoekspan, Thandi Mbambo, sê 'n groep van altesaam 21 Amerikaners is op 'n plaas in die Upington-omgewing in hegtenis geneem. 

Daar is ook op ammunisie en asook vyf jaggewere en twee rewolwers - insluitend een haelgeweer - beslag gelê. Sy sê Interpol was oorspronklik op soek na vier kinders wat na bewering vanuit Amerika ontvoer is. Interpol het die Valke genader om te help met die soektog in Suid-Afrika.

Die plaas waar die groep in hegtenis geneem is is sowat 70 kilometer buite Upington geleë.

Mbambo sê die vier kinders is soek nadat hulle pa hulle na bewering vanuit Amerika na Suid-Afrika ontvoer het. Sy sê hulle kan weens die ondersoek nie veel inligting bekend maak nie, maar dat hulle wel kan bevestig dat die kinders een van die lede van die groep Amerikaners wat in hegtenis geneem is se kinders is.

Mbambo sê die groep Amerikaners, wat glo onwettig in Suid-Afrika is, bestaan uit 10 mans en 11 vroue - en dat 'n uitlewering ooreenkoms met die polisie bereik is.

Todd Bernick, wat homself as leier van die groep ag, is op R50 000 borgtog vrygelaat gevolg deur R20 000 elk vir die res van die groep.

Mbambo se dit wil lyk asof die groep al lank op die plaas naby die Nakop-grenspos woon. 

Die groep gaan weer 10 Mei vanjaar in die hof verskyn.

OFM-nuus / Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.