On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse gesondheidswerker sterf ná ongeluk

───   15:15 Thu, 24 Mar 2022

Noord-Kaapse gesondheidswerker sterf ná ongeluk  | News Article

Die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap het bevestig dat een van die twee werkers van hul forensiese eenheid, wat in 'n motorongeluk betrokke was, gesterf het.

Dit volg ná ‘n ongeluk wat gisteroggend tussen Britstown en De Aar plaasgevind het.

Lees meer: Noord-Kaapse gesondheidswerkers in ongeluk betrokke

Woordvoerder Lulu Mxekezo sê aan OFM-nuus die departement betreur hul kollega se heengaan, en bied reeds ondersteuning aan die oorledene se familie en kollegas.

Die ander beseerde werker is intussen in ‘n kritieke toestand na die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley oorgeplaas.

Mxekezo sê die insittendes van die ander voertuig wat in die ongeluk betrokke was, is ongedeerd.

Die oorsaak van die ongeluk word intussen steeds ondersoek.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.