On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse gesondheidswerkers in ongeluk betrokke

───   14:12 Wed, 23 Mar 2022

Noord-Kaapse gesondheidswerkers in ongeluk betrokke | News Article

Noord-Kaapse nooddienste was vroeër Woensdag op ‘n toneel van ’n motorongeluk waarin werkers van die Provinsiale Departement van Gesondheid beseer is. Na wat verneem word, het die ongeluk tussen Britstown en De Aar plaasgevind.

Die departementele woordvoerder, Lulu Bxekezo, sê nooddienste was kort ná die voorval op die toneel. Sy voeg by dat meer inligting rakende die presiese oorsaak nog bekendgemaak sal word.

Die werknemers wat in die ongeluk betrokke was, is glo werksaam by die departement se forensiese afdeling. 

OFM-nuus/RoderickTitus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.