Central SA
Bloemfontein se krane moontlik weer droog─── 08:55 Mon, 21 Mar 2022

'n Pyp op die Welbedachtdam-pyplyn in die Vrystaat het weer eens gebars, wat onder meer die Brandkop-reservoir van water voorsien.
Luidens 'n verklaring sal dit die watertoevoer na die Suidelike dele van Bloemfontein, Wepener, en Dewetsdorp beïnvloed.
Die bars het glo op dieselfde plek gebeur as waar daar die afgelope paar dae aan die pyp gewerk is.
By navrae deur OFM-nuus het die Mangaung Metro Munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, gesê hulle is besig om 'n gedetailleerde verklaring op te stel.
LEES MEER: Mangaung still without water despite metro’s assurance
OFM-nuus het vroeër berig die munisipaliteit het Saterdag daarin geslaag om instandhoudingswerk te voltooi en 'n gebarste pyp by die Welbedacht- en Maselspoort-pypleidings onderskeidelik te herstel.