Central SA
Stop-en-ry-beheerstelsel in plek op R31-pad buite Kimberley─── 10:33 Sun, 20 Mar 2022
![Stop-en-ry-beheerstelsel in plek op R31-pad buite Kimberley Stop-en-ry-beheerstelsel in plek op R31-pad buite Kimberley | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/515883a1-5a8c-4ccc-9223-9c92333bb512.jpg)
Die R31-pad tussen Kimberley en Barkley-Wes in die Noord-Kaap, wat omring is met rioolwater, het slegs een baan oop met 'n stop-en-ry-beheerstelsel wat verkeer reguleer.
Daar is 'n geskatte vertraging in verkeer van 5 tot 10 minute in die omgewing van die Wildebeeskuil-pan net buite Kimberley.
Lees ook: Three cars involved in #R30 pileup outside Allanridge
Die Noord-Kaapse Departement van Openbare Werke se Crystal Robertson sê 'n kontrakteur is besig om die pad te versterk waar dit met rioolwater omring is.
Grondwalle is gestoot om die kontrateur in staat te stel om herstelwerk te kan doen. Vier duikslote gaan verleng word, waarna die padoppervlak met 1,5 meter verhoog gaan word voor die padskouer verbreed word.
Robertson sê dieselfde werk gaan aan die anderkant van die pad gedoen word.