On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek na ongeluk naby Groblershoop duur voort

───   14:37 Thu, 24 Feb 2022

Ondersoek na ongeluk naby Groblershoop duur voort | News Article

Die oorsaak van 'n noodlottige ongeluk in die Noord-Kaap word steeds ondersoek.

Ses mense, waaronder twee minderjariges wat onderskeidelik 7 en 3 jaar oud is, is Dinsdagaand naby Groblershoop se Sternham-woongebied dood.

Polisiewoordvoerder Ompile Masegela sê die ongeluk het plaasgevind toe 'n voertuig van agter met 'n bakkie gebots het.

Die voertuig het twee insittendes gehad, en die bakkie elf - waarvan 9 agter op die bakkie en 2 voor gesit het.

Masegela sê 6 mense is op die toneel dood verklaar, en 'n saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die oorlewende 5 insittendes van die bakkie en 2 van die voertuig is met ernstige beserings in Upington in die hospitaal opgeneem.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.