On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Liam Siegel se ouers dankbaar vir ondersteuning

───   15:39 Wed, 26 May 2021

Liam Siegel se ouers dankbaar vir ondersteuning | News Article
PHOTO: Blaine Jones

Gemeenskapslede en die Heide Primêre Skool in Heidedal, Bloemfontein, het die dood van die 14-jarige Liam Siegel, wat tydens die Mangaung Shutdown-betogings gesterf het, Woensdag betreur.

In 'n onderhoud met OFM-nuus, sê Liam se pa, Johannes Pieterse, Liam se gedenkdiens het gehelp om sy pyn te verminder. Liam se ma, Rosaline Siegel, het aan OFM-nuus gesê dat die gemeenskap wat bymekaar gekom het ter ondersteuning van haar familie en seun, haar minder alleen laat voel het. "Ek is tot dusver tevrede met alles en ek is bly die skool kon daardie seer verminder," sê Pieterse. 

Rosaline het verder die skool bedank vir wat die skool vir haar en haar gesin gedoen het. "Wat die skool vir ons en ons gemeenskap doen... Mense moet uitreik om hulle [die skool] te help om te verseker dat dit voortgaan," sê sy.

OFM-nuus het vroeër berig oor Siegel se gedenkdiens wat vandag by sy skool, die Heide Primêre Skool, plaasgevind het, wat deur sy familie, gemeenskapslede, geestelike leiers, skoolpersoneel en leerders van die skool bygewoon is. 

Die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Daryll de Koker, vertel aan OFM-nuus dat die punt van die diens was om Liam te vereer en sy familie aan te moedig.  Liam se begrafnis vind op Saterdagoggend 29 Mei 2021 om 08:30 plaas.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.