Central SA
#MangaungShutdown: VS Premier besoek Siegel-familie─── CATHY DLODLO 06:49 Fri, 21 May 2021
Die Vrystaatse Premier het die familie van die Bloemfonteinse tiener, wat vandeesweek tydens gewelddadige betogings dood is, besoek.
Die 14-jarige Liam Siegel se skietdood het nasionale media opskrifte gehaal.
Premier Sisi Ntombela het tydens haar besoek aan die familie gister gesê dat die tiener se dood verhoed kon gewees het. Sy het ook die familie verseker dat die provinsiale regering tot sy begrafniskoste gaan bydra.
Die provinsiale uitvoerende raad, onder leiding van Ntombela, se ingryping het die betoging - wat die hele Mangaung-gebied tot stilstand geruk het - beëindig.
OFM-nuus